LPM-jeug loods #AnythingButSWAPO

Die Landless People’s Movement se jeugbevel het ‘n veldtog – #AnythingButSWAPO – van stapel gestuur, wat kiesers versoek om vir enige party behalwe die regerende party in die verkiesings te stem. Met minder as drie weke oor tot die verkiesing, beklemtoon die LPM-jeugvleuel dat Swapo se bestuur in 34 jaar nie in die behoeftes van die land, veral die jeug, voorsien het nie. Hulle vra vir ‘n verandering in leierskap. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met William Minnie, woordvoerder van LPM Jeug, wat meer deel.