LPM-jeug eis Agnes se afdanking
Die jeug van die Landless People’s Movement eis die afdanking van die minister van sport, jeug en nasionale dienste, Agnes Tjongarero. LPM beweer dat sy versuim het om werkloosheid onder die jeug aan te spreek. Hulle sê jongmense se grootste stryd is teen werkloosheid, met baie gegradueerdes wat steeds by die huis sit. LPM-jeug het die Namibiese jeug se penarie vierkantig op die skouers van dié minister geplaas. In reaksie het Tjongarero gesê haar ministerie fokus op jeug-ontwikkeling.