LPM hou bosberaad

Die Landless People’s Movement se top-vyf en parlementslede hou tot môre sy bosberaad buite die hoofstad. Die onderwerpe wat deur verskillende genooide kundiges bespreek word, is kontemporêre wêreldkwessies, politieke en ekonomiese kwessies, volhoubare ontwikkeling, sowel as Namibiese politieke en plaaslike regerings-kwessies. Graham Hopwood, direkteur van Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing was een van die genooide sprekers, het gepraat oor die olie-ontdekking aan die Namibiese kus en vooruitsigte vir volhoubare ontwikkeling.