LPM eis omstrede tender moet gekanselleer word

Die Landless People’s Movement het vandag opgeruk na die Sentrale Verkrygingsraad weens hul ontevredenheid met die omstrede gesondheidstender aan Amnics Trading van 2,8 miljoen Namibiese dollar. Dit het aan die lig gekom dat kondome en mediese handskoene in Maleisië vervaardig word en in Namibië verpak word. Die LPM het ‘n petisie aan die Verkrygingsraad oorhandig wat eis dat die tender van sakeman Shapwa Kayama onmiddellik gekanselleer moet word. Sade Gawanas van die LPM…