LPM eis antwoorde oor Ren-Form se aanstelling

Die LPM eis geskrewe antwoorde binne sewe dae van die Namibiese Verkiesingskommissie oor die aanstelling van Ren-Form om stembriewe vir die verkiesing te verskaf. Die party vra deur sy prokureurs, Weder Kauta en Hoveka, hoekom die openbare bod vir die verskaffing van stembriewe gekanselleer is en op watter gronde Ren-Form aangestel is. Die openbare bod is op 7 Oktober, twee dae voor die spertyd, deur die kommissie gekanselleer en daar is gister bekendgemaak dat Ren-Form aangestel is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Lifalaza Simataa, die LPM se woordvoerder.