LPM: ECN reik duplikaat stemkaarte knap voor Keetmans-tussenverkiesing uit
Die Landless Peoples’ Movement beskuldig die Verkiesingskommissie van Namibië dat hulle met behulp van die Namibiese polisie op Keetmanshoop 48 uur voor die tussenverkiesing op die dorp verklarings aan 120 bykomende kiesers uitgereik onder die voorwendsel dat hulle hul kieserskaarte verloor het. Duplikaat stemkaarte is glo uitgereik aan kiesers om Maandag in die Keetmanshoop-landelike kiesafdeling se tussenverkiesing te stem. Die leier van die LPM Bernadus Swartbooi sê dit is gedoen sonder die konsultasie van die betrokke belanghebbendes. Die LPM kla ook oor die gewapende magte wat laasnag by die Keetmanshoop-polisiestasie intimiderend was.