LPM dreig om nog plaaswerkers by te voeg in Gobabis
Die LPM sê hy ondersteun die groep boere wat plaas Witsand, ongeveer 130 kilometer wes van Gobabis onwettig beset. Die groep is vanoggend gearresteer en die party se leier vir menseregte Joyce Muzengua sê die regering neem nie die kwessie van intergenerasie plaaswerkers ernstig op nie. Sy het ook gedreig om nog mense by te voeg.