Louwarm pogings om voedselhulp aan verarmede gemeenskappe te lewer
Reaksie word ontvang op berigte dat inwoners van die Ehirovipuka-bewaringsgebied self hul pad na Opuwo toe moet maak om voedselhulp te haal. Die eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die verantwoordelikheid berus by die streeksraad om die kos te versprei, haar kantoor verskaf dit net. Kosmos 94.1 Nuus het met ‘n UDF-parlementslid en boer in die Kunene-streek, Dudu Murorua, gepraat. Hy sê die eerste minister is reg.
Maar, hy voeg by dat hulle poog om met haar kantoor te werk om die kos nader aan die gemeenskappe af te laai om dit makliker, en goedkoper by hulle te kan kry.