Louisiana Tien Gebooie-wet laat gesinne onthuts

Nege gesinne in Louisiana het die staat gedagvaar oor ‘n nuwe wet wat bepaal elke klaskamer in ‘n openbare skool moet ‘n plakkaat met die Tien Gebooie vertoon. Dit is die eerste wet van sy soort in Amerika en het betrekking op alle klaskamers tot en met universiteit. Die klagte word ondersteun deur burgerregtegroepe en voer aan so ‘n vertoning is in stryd met die Eerste Amendement van die Amerikaanse Grondwet, wat vryheid van godsdiens waarborg en die vertoning plaas “druk” op studente om die staat se voorkeur-godsdiens aan te neem.