Los Windhoek se plante uit!
Die Stad Windhoek se raad het kommer uitgespreek oor die toenemende opsetlike, onwettige diefstal van nuutgeplante blomme, bome en struike regoor die stad. Dit sluit in die diefstal van plante langs Independence-laan wat ter viering van boomplantdag geplant is. Die stad se Korporatiewe en Kommunikasie-bestuurder, Harold Akwenye, sê dit sal ongeveer 85 000 Namibiese dollar kos om die plante te vervang. Die stad se woordvoerder, Lydia Amutenya, beklemtoon hierdie diefstal is ‘n aansienlike terugslag in hul voortdurende poging om die stad te verfraai.