Los spesiale tenderhof, Netumbo, ons het mos ‘n handelshof

Vise-president Netumbo Nandi-Ndaitwah het gevra vir die instelling van ‘n spesiale hof om tenderdispute te hanteer, met verwysing na die negatiewe impak wat sulke dispute op dienslewering het. Sy het verwys na gesondheidsorg, waar vertragings tot tekorte aan noodsaaklike medisyne gelei het. Sy het gepraat tydens die amptelike opening van die Omgewingsmisdaadhof in Otjiwarongo. Reaksie is ontvang van die leier van die Affirmative Action-beweging Job Amupanda, wat wonder of die vise-president nie weet dat Namibië ‘n handelshof het nie.