Los selfies met depressiewe beer, vra polisie
Die polisie in Florida doen ‘n beroep op mense om op te hou om selfies te neem met ‘n “depressiewe” swart beer wat langs ‘n pad rondhang. Die terneergedrukte beer het vroeër vandeesweek homself langs snelweg 98 in Santa Rosa Beach tuisgemaak. Hy het, volgens ‘n Facebook-plasing deur die Walton-distriksbalju se kantoor, vinnig ongewenste aandag van verbygaande motoriste getrek. “Omstanders het selfies met die beer probeer neem en hy is duidelik nie lus vir foto’s nie. Die beer het tekens van erge stres getoon,” sê die plasing. Daar is na raming 4 050 swartbere wat in die natuur in Florida woon