Los ons vloekery, onderklere en juweliersware: F1-renjaers

Motorsport: Formule Een-renjaers het die beheerliggaam gevra om hulle soos grootmense te behandel. Dit volg nadat Red Bull se Nederlandse bestuurder, Max Verstappen, en Ferrari se renjaer, Charles Leclerc van Monaco, gestraf is oor kru taal. Die Grand Prix-bestuurdersvereniging beskryf ‘n ope brief aan die FIA die verskil tussen vloekwoorde wat bedoel is om ander te beledig, en meer informele gevloek. Die organisasie sê ook die media hoef nie sy lede opdragte te gee oor onbelangrike sake soos die dra van juweliersware of onderklere nie.