Los helde-afskeid vir Warner, sê oud-spanmaat

Krieket: Die voormalige Australiese snelbouler, Mitchell Johnson, ondersteun nie die beginsel van ʼn helde-afskeid vir David Warner nie. Die 37-jarige kolwer is in die groep ingesluit vir die eerste toets vanaf die 14de van vandeesmaand teen Pakistan in Perth. Johnson wys op Warner se onlangse swak vorm met net een toetshonderdtal sedert 2021 en sy sentrale rol in die balpeuterskandaal in Suid-Afrika in 2018. Hy bevraagteken waarom sy voormalige spanmaat toegelaat word om oor sy eie uittreedatum te besluit.