Los buie dalk op pad die naweek

Volgens die weervoorspelling, soos ons die naweek nader kan daar reënbuie begin uitsak. Die binneland sal sonnig en warm wees in die westelike dele, terwyl dit elders gedeeltelik bewolk en warm sal wees met buie in die sentrale en oostelike dele. Geïsoleerde donderbuie word in die noordooste en sentraal-noorde verwag, en dit sal waarskynlik warm bly oor die gebied. Kusbewoners kan gedeeltelik bewolk en koel tot matige toestande met miskolle verwag. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Odillo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor.