Los boute op 737 Max-vliegtuie gevind

United Airlines sê dit het tydens inspeksies los boute aan sogenaamde propdeure, wat basies ‘n paneel is waar ‘n deur geplaas kan word indien vereis, op verskeie Boeing 737 Max 9-vliegtuie gevind. Dit kom na die Amerikaanse lugvaartowerheid 171 Max 9’s uit diens uit gehaal het na die insident op Alaska Airlines se vlug. Daar word berig dat United los boute op ander dele op minstens vyf panele gevind het wat na die ongeluk oor die naweek ondersoek is.