Loonprobleem lê by arbeidskonsultante

Die lone wat deur sekere kontrakteurs en diensverskaffers betaal word haal nie die minimum loonvereistes nie. Die Sentrale Verkrygingsraad sê hy sal strenger toepassingsmaatreëls instel om voldoening aan die vasgestelde minimumloonstandaarde te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met George Kambala, woordvoerder van die Regstellende Herposisionering-beweging, wat sê die grootste probleem is dat arbeidskonsultante geld uit werkers se lone terughou.