Loonopgawes moet teen einde Maart ingedien word
Die Namibiese Landbou-unie herinner werkgewers daaraan dat hulle jaarlikse werknemer vergoedingsfonds-loonopawes teen 31 Maart by die Maatskaplike Voorsorgkommissie ingedien moet word. Dit is vir die 2024/25 finansiële jaar. Dit is dekking vir beserings aan diens en is verpligtend vir werknemers met ’n jaarlikse salaris van 81 300 Namibiese dollar of minder. Binne 30 dae nadat die kommissie die loonopgawes ontvang het, sal hulle ’n faktuur uitreik wat binne 30 dae betaalbaar is.