Loonopgawes is laat – SSC
Die Maatskaplike Voorsorgkommissie herinner werkgewers daaraan dat loonopgawes vir die 2022-2023 boekjaar teen 31 Maart ingedien moes wees maar, die voorskrif is nie nagekom nie. Hy doen ‘n beroep op werkgewers om die proses te voltooi. Ingevolge wetgewing moet alle werkgewers die opgawes op ‘n jaarlikse basis indien. Die kommissie vra ook dat rolspelers seker maak dat opgawes van vorige jare ook op datum en ingedien is. Die kommissie sê verder dat sou werkgewers 100 persent nakoming bereik, dat daar kontantkortings aangebied kan word. Sou opgawes nie ingedien word nie, kan werkgewers aan skuldinvorderaars oorhandig word.