Loon-ooreenkoms vir konstruksie bereik

Die konstruksie nywerheid-federasie en die Namibiese metaal- en geallieerde werkers-vakbond het ooreengekom op ‘n verhoging van konstruksiewerkers se minimum loon. Dit sal in werking tree sodra die getekende kollektiewe ooreenkoms in die Staatskoerant gepubliseer is. Die verhoging vir die eerste jaar is 5 persent op die vorige minimum loon; en vir die tweede jaar sal daar ‘n verhoging van 4 persent op die minimum loon van die vorige jaar wees. Dit beteken die minimum loon vir ‘n ongeskoolde arbeider in die eerste jaar sal 18 Namibiese dollar 72 per uur wees en in die tweede jaar 19 dollar 46 per uur. Kosmos 94.1 Nuus het met die hoof uitvoerende beampte van die federasie, Bärbel Kirchner, gepraat.