Loodsprogram vir vier-dag-werkweek begin

Daar is in Februarie aangekondig dat Namibië die tweede Afrika-land, en een van slegs ‘n handjievol wêreldwyd, sal word om die vier-dag-werkweek te beproef. Die inisiatief het ten doel om innoverende maniere te ondersoek om werk-lewe-balans te verbeter, produktiwiteit te bevorder, inkomste te verhoog en uiteindelik ‘n meer volhoubare en inklusiewe werksomgewing te skep. Die loodsprogram het op 1 April afgeskop en sal vir ses maande duur, met deelname van ‘n diverse reeks nywerhede en toonaangewende besighede in Namibië. Die inisiatief word gelei deur 4 Day Week in vennootskap met sy landsvennoot, Jonas Ileka, wat Pulse HR Network Namibia verteenwoordig. Kosmos 94.1 Nuus het met Ileka gepraat, wat sê registrasie is nou oop vir maatskappye.

Op ‘n vraag of maatskappye hulle genader het, antwoord hy: