Loodsfase van huishoudelike inkomste, uitgawe-opname skop af

Die Namibië Statistieke Agentskap het die aanvang van die loodsfase vir die 2025/2026 Namibië Huishoudelike Inkomste- en Uitgawes-opname aangekondig. Die opname word elke vyf jaar gedoen en is ‘n sleutelbron van data oor Namibië se huishoudelike inkomste en uitgawes, wat noodsaaklik is vir die berekening van armoede- en ongelykheidsaanwysers. Die loodsopname sal van Maandag tot 20 Oktober in agt ewekansig geselekteerde streke plaasvind: Erongo, Hardap, Kavango-Wes, Khomas, Kunene, Omaheke, Omusati en Zambezi. Dit het ten doel om die metodologie, opname-instrumente en logistiek te toets en te verfyn ter voorbereiding van die volledige opname, wat vir Maart volgende jaar tot Maart 2026 geskeduleer is. Mirjam Shihepo, die agentskap se skakelbeampte, het meer.