Longkankerpasiënt eerste in VK om proef-entstof te ontvang

‘n Man met longkanker het die eerste pasiënt in Brittanje geword om ‘n nuwe proef-entstof te ontvang om sy liggaam te help om die siekte te beveg. Janusz Racz het ses inspuitings ontvang wat elkeen genetiese materiaal vir ‘n ander gedeelte van die gewas bevat. Dit sal vyf-miljard selle in sy immuunstelsel aktiveer om die kankerselle aan te val. Die entstof word deur BioNTech gemaak en gebruik dieselfde mRNS-tegnologie wat vir die hoogs doeltreffende Covid-19-inspuiting aangewend is. Sowat 130 pasiënte met longkanker by ses hospitale in die VK is deel van die studie.