Londense plakkers beset Gordon Ramsay se kroeg

Plakkers het ‘n kroeg wat die gevierde sjef, Gordon Ramsay, in Sentraal-Londen besit, oorgeneem. Dit is tans te koop met ‘n gidsprys van meer as 300-miljoen Namibiese dollar. BBC News sê die groep van minstens ses mense het vensters toegespyker en ‘n “regswaarskuwing”-kennisgewing opgeplak wat hulle besetting van die kroeg naby Regent’s Park verdedig. Die Metropolitaanse polisie sê hulle is bewus van die situasie, maar gaan nie optree nie want dit is ‘n siviele saak.