Lombaard-broers steeds agter tralies, MEFT keur veiling vandag goed

Johan en Kobus Lombaard is steeds agter tralies op Leonardville na hulle Dinsdag verskyn het. Dit volg na hulle wildebeest vervoer het tussen Stampriet en Gochas op 30 Augustus sonder die nodige permitte en deur ‘n mobiele padblokkade afgetrek is. Hulle saak is tot volgende week Dinsdag uitgestel en oorgedra na die hof op Gobabis. Intussen vind hulle Golden Game wildsveiling op Geluksburg buite Mariental vandag om 12-uur plaas. Paul Klein van Agra Veilings het bevestig die omgewingsministerie sowel as die veeartsenydiens het die veiling goedgekeur en alles, ook die nodige permitte, is in plek. Daar is talle soort wild, ook eksoties, op aanbod. Belangstellendes kan ook aanlyn bie.