Lolita, wat sedert 1980 stoksielalleen aanghou word, sal vrygelaat word

’n Florida-akwarium het ’n ooreenkoms met dierewelsyn aktiviste beklink om Lolita, ’n reuse-moordwalvis wat vir meer as 50 jaar in aanhouding is, vry te laat. Die Miami Seaquarium sê dat dit ‘n “bindende ooreenkoms” met die nie-winsgewende organisasie Friends of Lolita bereik het om die walvis, wat onlangs van optredes afgetree het, binne twee jaar na ‘n seehabitat in die Stille Oseaan terug te keer. Lolita is 57 en is reeds in 1970 gevang. Sy is sedert 1980 alleen aangehou.