Logistieke sektor tel weer opAugust 13, 2021
Die logistieke sektor is een van die wat die hardste deur die Covid-pandemie getref is. Die sektor se langafstanddrywers moes voor toe grensposte staan en wag wanneer grensposte weens positiewe Covid-gevalle gesluit is. Dit het hul besigheid geraak en aflewerings vertraag, maar dinge raak beter vir die vervoerbedryf. Vervoerkenner Stefan Terblanche het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê operasies verloop nou makliker.