Loftus skud sy vere reg vir VRK-einstryd

Die Verenigde Rugbykampioenskap-eindstryd tussen die Bulle en Glasgow Warriors op Loftus skop Saterdagmiddag sesuur af. Dit word voorafgegaan deur ʼn regstreekse TV-uitsending van die Springbokke se wedstryd teen Wallis op Twickenham. Die VRK-eindstryd is tussen spanne wat nie die gunstelinge in hul onderskeie halfeindstryde was nie. Die Bulle het met Leinster afgereken terwyl die Warriors die verdedigende kampioene, Munster, afgeransel het. Dis die Bulle se tweede VRK-eindstryd in drie seisoene en die eerste tuis. Dis ook die manne van Skotland se eerste sedert 2019.