Lof vir O&L oor PnP-besluit

Die Ohlthaver en List-groep het aangekondig hy gaan sy franchise-ooreenkoms met Pick n Pay Suid-Afrika beëindig. Die groep besit 19 Pick n Pay-winkels in Namibië. Sven Thieme, die groep se voorsitter en uitvoerende hoof, sê die besluit strook met hul verbintenis om ‘n meer kliëntgesentreerde en Namibiese markgeoriënteerde besigheid te wees. Reaksie is ontvang van Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die National Union of Namibian Workers, wat die maatskappy loof vir hierdie stap.