Lof vir Namibië se demokrasie

Kevin Casas-Zamora, die sekretaris-generaal van die Internasionale Instituut vir Demokrasie en Verkiesingsbystand, en sy afvaardiging het ‘n hoflikheidsbesoek gebring aan die kantoor van die visepresident asook internasionale betrekkinge en samewerking-minister Peya Mushelenga. Hy is vergesel deur Elsie Nghikembua, voorsitter van die Verkiesingskommissie van Namibië, saam met die kommissarisse en sekretariaat. Casas-Zamora het oor die stand van globale demokrasie gepraat. Hy het gesê Namibië vaar goed as ‘n land wat net meer as 30 jaar onafhanklik is.