Lof vir ministerie na hulp aan seekoeie verleen is

Die omgewingsministerie word geloof vir sy bystand aan meer as 100 seekoeie wat vasgevang was in modderpoele in die Salambala-bewarea. Lodge-eienaars in die gebied sê die water wat in die poele gepomp is bring ook verligting vir ander diere en hulle gaste geniet die seekoeie. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die ministerie gesels.