Lof vir GRN oor kuberveiligheidstrategie

Reaksie word ontvang op die goedkeuring deur die Namibiese kabinet van die Nasionale Kuberveiligheidstrategie en Gebeurliksplan. Volgens die minister van inligting en kommunikasietegnologie, dr. Peya Mushelenga, moet sy ministerie voortgaan met die implementering van die Aksieplan van die Strategie en Bewusmakingsplan. Die kabinet het bekragtig dat die ministerie van justisie op die bestuurskomitee van die Nasionale Kuberveiligheidstrategie moet wees. Frederico Links, navorser by die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.