Loeb sny Al Attiyah se voorsprong in Dakar

Motorsport: Die Fransman, Sebastien Loeb, het Nasser Al Attiyah se aansienlike voorsprong in die Dakar-tydren gesny ná die agtste skof in Saoedi-Arabië wat Mattias Ekstroem van Audi gewen het. Reuters berig die nege-malige wêreldtydrenkampioen, Loeb, van die Bahrain Raid Xtreme-span het derde geëindig in die 395-km skof vanaf Al Dawadimi tot Wadi Ad Dawasir. Verlede jaar se wenner, Stephane Peterhansel, was tweede. Sam Sunderland van Brittanje het die skof in die motorfietskategorie gewen en opgemaak vir die algehele voorsprong wat hy Sondag verloor het.