Lochner verteenwoordig Springbokke in rugby en netbal  

Rugby: Die Springbok-vroue skop môre hul seisoen af met ‘n toets teen Kanada in Madrid. Die tussentydse afrigter, Louis Koen, het drie nuwe spelers in die beginspan aangewys. Een van hulle is die slot, Danelle Lochner, wat nou ‘n dubbele internasionale speler word, nadat sy Suid-Afrika in netbal ook verteenwoordig het.