Liverpool weer bo-aan punteleer 

Liverpool is terug bo-aan die punteleer van die Premierliga na ‘n 2-1-oorwinning oor Chelsea op Anfield. Mohamed Salah se strafdoel en Curtis Jones se wenner het dit tien oorwinnings in elf wedstryde vir die Reds gemaak sedert Arne Slot in beheer is. Die sege plaas Liverpool een punt voor die heersende kampioene Manchester City en vier voor Arsenal, teen wie hulle volgende op die Emirates speel. Slot sê die kragmeting met Chelsea was hulle taaiste toets tot nog toe dié seisoen: