Liverpool se Klopp lugtig vir gewonde Man United

Sokker: Jurgen Klopp bly lugtig vir Manchester United ondanks die swak spelpeil van Liverpool se aartsvyande terwyl die klubs voorberei om mekaar môre op Anfield die stryd aan te sê. Klopp se span is boaan die Premierliga-punteleer na 16 wedstryde, reeds tien punte voor Erik ten Hag se manne in die sesde plek. Man United is in Maart met 7-0 op Anfield verneder in die grootste loesing in die geskiedenis van hulle ontmoetings vir beide spanne, wat gesamentlik 39 belangrike Engelse titels ingepalm het. Man United is ook dié week in die groepstadium van die Kampioeneliga uitgeboender.