Liverpool lei reuse-nederlaag
Liverpool het met drie-nul teen Atalanta verloor in die Europa-liga se eerste kwarteindronde in Anfield. Dis die Reds se eerste nederlaag op tuisgrond sedert Februarie verlede jaar en hulle onoorwonne lopie van 33 wedstryde is ook beëindig. Intussen het Ollie Watkins en John McGinn se doele aan Aston Villa ʼn naelskraapse oorwinning oor Lille besorg terwyl West Ham met twee-nul teen Bayer Leverkusen verloor het. Liverpool se bestuurder, Jurgen Klopp, sê hy kan niks positiefs oor die wedstryd sê nie: