Litiumrif ontdek, maar wat nou?

Volgens Andrada Mining dui die ontdekking van bykomende litiumreserwes in die Litiumrif en Spodumene-heuwel daarop dat die Erongo-streek ‘n deurslaggewende rol in die globale litiumlandskap kan speel. Die maatskappy het ook die produksie van 10 ton verkoopbare litiumkonsentraat volgens spesifikasie vanaf sy proefaanleg aangekondig, wat sy produksie sal verhoog tot sowat 250 ton per maand. Die ministerie van myne en energie se waarnemende uitvoerende direkteur, Bryan Eiseb, hou egter vol dat litium deel vorm van die kritieke minerale waarop die kabinet die verbod op onverwerkte ertsuitvoere geplaas het. Kosmos 94.1 Nuus het met die Cirrus ekonoom Robert McGregor gepraat oor die uitdagings wat daar met die litium kan wees, aangesien daar ‘n verbod op uitvoere is.