Litaue sluit twee grensposte met Belarus

Die Litause regering het twee van die land se ses grensposte met Belarus gesluit. Dié stap is in reaksie op die teenwoordigheid van huursoldate van die Russiese Wagner-groep in Belarus. Die twee plattelandse grensposte wat nie deur kommersiële voertuie gebruik word nie, is vanaf vandag gesluit wees. Die naburige Pole het met die uitsondering van een, al die grensposte met Belarus gesluit nadat ‘n Poolse joernalis gevange geneem is. Belarus het ook Poolse diplomate uit die land gesit.