Lineker-sage: Tories, BBC kruip weg agter mislukte migrasie-beleid

Brittanje se BBC staar ‘n toenemende krisis in die gesig oor die herrie rondom sokkeraanbieder Gary Lineker se kritiek op die regering se migrasiebeleid. Lineker het getwiet dat die land se migrasiebeleid aan Duitsland in die 1930’s herinner. Die BBC is Saterdag gedwing om baie van sy sportdekking te onttrek, aangesien aanbieders, in ‘n vertoning van solidariteit met Lineker, geweier het om te werk. Die leier van die opposisie Arbeidersparty, Sir Keir Starmer sê die kern van die kwessie is die Tory-regering se mislukking oor immigrasie.