Limpopo se malaria-gevalle wek kommer

Die Gesondheidsdepartement in Limpopo sê die provinsie beleef die afgelope vier weke ‘n skerp toename in  malariagevalle. Dit het tot 1 423 gestyg en twee sterftes is aangemeld. Die syfer is baie hoër as vorige jare s’n. Die departement se woordvoerder, Neil Shikwambana, sê die huidige styging word toegeskryf aan gunstige weerstoestande vir muskiete om uit te broei en die toename in reisigers tydens die Paasvakansie: