Ligte vonnis vir Zim-mynhoof wat goud smokkel
Die president van die Zimbabwe Miners’ Federation, Henrietta Rushwaya, het met ‘n boete van 95 000 Namibiese dollar en ‘n opgeskorte vonnis van 18 maande weggekom vir poging om 6 kilogram goud, ter waarde van ‘n geraamde 6,2 miljoen Namibiese dollar in 2020 na die Verenigde Arabiese Emirate te smokkel. Regter Pisirayi Kwenda sê hy het in ag geneem dat sy geen vorige oortredings het nie en dat daar geen bewyse dat die oortreding as deel van ’n georganiseerde misdaad gepleeg is nie.