Ligte skudding op Kalkveld

Die ministerie van myne en energie sê ‘n skudding van 3,2 op die Richterskaal het Sondagnamiddag, ongeveer half-vyf, 18 kilometer suid van Kalkveld voorgekom. Dit is opgetel deur die Karibib, Windhoek, Tsumeb en Kamanjab seismiese stasies. Die skudding het redelik vlak, minder as 10 kilometer diep voorgekom. Die ministerie sê die skudding kon gevoel word maar, het geen skade aangerig nie.