Liggaam van vermiste Matheus spoel in Walvis uit
Die Erongo-polisie het aangekondig dat die liggaam van die 24-jarige vermiste Sheehama Matheus in Walvisbaai uitgespoel het. Sy lyk is om sowat half-drie deur verbygangers ontdek agter die vlootbasis in die omgewing van Onafhanklikheidstrand. Matheus is deur familielede uitgeken en ‘n nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal. Matheus het verdwyn nadat hy op 27 Julie in ‘n bakleiery by ‘n braai betrokke was en deur ses mense aangerand is. Vyf van die verdagtes het reeds in die hof verskyn en hulle saak is tot 22 Augustus uitgestel.