Lifeline gesels oor selfmoord in Namibië

LifeLine/ChildLine Namibia wil die land se hoë selfmoordsyfer aanpak deur die manier waarop media-artikels oor selfmoord saamgestel word aan te spreek. Die organisasie gaan ‘n werkswinkel vir mediapraktisyns aanbied oor hoe om verslag te doen oor selfmoord en geestesgesondheid. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Zelnadia de Waal, LifeLine/ChildLine Namibia se beradingsprogram-bestuurder, wat die jongste selfmoordstatistieke gee.

De Waal het die belangrikheid van verantwoordelike verslaggewing uitgelig en dat joernaliste met spesialiste in die veld moet skakel.