Lifeline Childline Namibië wil selfmoord help bekamp
Lifeline Childline Namibië beplan ‘n veldtog ter ondersteuning van Selfmoordvoorkomingsmaand. Die nie-winsgewende organisasie sal môre by die padblokkade tussen Windhoek en Rehoboth wees om bewustheid te kweek oor die plaag wat byna elke dag Namibiese lewens neem. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Nicolette Bessigner, direkteur van Lifeline Childline Namibië, wat meer inligting verskaf.