Liefde by die Nam in September in Windhoek
Suid-Afrika se grootste opelug-musiekfees Liefde by die Dam word nou ook in Namibië aangebied onder die naam Liefde by die Nam. Liefde by die Nam word op Saterdag 9 September by WHS Vegkop-stadion in die hoofstad aangebied. Feesgangers kan uitsien na musiek wat deur die verloop van die dag aangebied word met van Suid-Afrika se voorste kunstenaars Die Heuwels Fantasies, Francois van Coke, Appel, Bobby van Jaarsveld, Tasché, Early B, Snotkop, Robbie Wessels, Riana Nel, Barto, Justin Vega en Namibië se eie Sagarias Tsam. Pierre Greeff van die Die Heuwels Fantasties het met Kosmos 94.1 Nuus gesels…