Liedjie vir selfmoordvoorkoming? Belaglike besteding!

Reaksie word ontvang op die Khomas Selfmoordvoorkoming-taakmag wat Maandag ‘n liedjie vir selfmoordvoorkoming bekend sal stel. Die land ervaar op die oomblik ‘n epidemie van selfmoorde en het die hoogste voorkoms daarvan in Afrika. Daar is ‘n erge tekort aan maatskaplike werkers sowel as fasiliteite waar mense in nood kan aanmeld. Daar word gevra of die geld wat op ‘n liedjie bestee is nie beter aangewend kon word nie? Maatskaplike aktivis en kenner Rosa Namises het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.