Liebenberg verloor verkiesings deposito
Die omstrede diamanthandelaar Louis Liebenberg het sy deposito van 40-duisend-rand verloor na ‘n swak vertoning in die verkiesing. As onafhanklike kandidaat, met die belofte van die deel van Suid-Afrika se minerale rykdom, het Liebenberg landwyd net een-duisend-422 stemme gekry. Hy het ondanks sy bande met oudpresident Jacob Zuma, aan wie hy meer as drie-miljoen-rand geskenk het vir regskoste, net 0,04-persent van die stemme in die Vrystaat gekry en 0,03-persent in Gauteng. Sy maatskappy, Tariomix, is verlede maand gelikwideer, gevolg deur klopjagte op sy eiendomme.