Lichtenstrasser vra vandag verlof om te appelleer

Die veroordeelde moordenaar Ernst Lichtenstrasser sal vanoggend verlof tot appèl by regter Christie Liebenberg aanvra. Liebenberg het hom op 29 April twee lewenslange vonnisse opgelê vir die moorde van Eckhard Mueller en Helmo Hellwig in 2019. Hy is nóg 16 jaar tronkstraf opgelê in verband met ses ander klagte. Lichtentrasser is reeds in November verlede jaar skuldig bevind. Hy het die vonnisopleggings herhaaldelik vertraag, selfmoord gepoog, ‘n eetstaking geloods en meer. Hy het die regter gevra vir ‘n doodsvonnis of huisarres.